Uitvoer en Handels Navorsing
Carl Smit het 'n
Meestersgraad in maritieme wet en jare se ondervinding op die gebied van
internasionale bemarking. Hy was aanvanklik gebaseer in Durban en later in
Johannesburg waar hy die pos as internasionale bemarkingsbestuurder gevul het.
In hierdie hoedanigheid het hy bemarkings besoeke onderneem na lande soos
Tanzanië, Kenia en Malawi. Hy het gevolglik 'n unieke begrip van internasionale
handel in Afrika.
Sy internasionale bemarkings posisie het ook gelei tot besoeke na lande soos
Italië, Duitsland en Kanada. Hy het op 'n gereelde grondslag handels
afvaardigings van
Denemarke, Roemenië en Kameroen ontmoet by die plaaslike Kamer van Koophandel.
Hy het ook opgetree as assessor van skade en verlies met betrekking tot
seevragversekering en het sake opgevolg vir skadevergoeding namens
versekeringsmaatskappye. Sy ondervinding as Staatsaanklaer in die gebied van
kriminele reg en sy spesialisering in sake van
maritieme versekerings bedrog, plaas hom in 'n
uitstekende posisie om advies te lewer aan diegene wie belangstel om handel
te dryf op 'n internasionale vlak.
Carl woon in Tsjeggië sedert die jaar 2000 en het vele Europese lande besoek
gedurende hierdie tydperk. Hy het 'n goeie begrip opgebou van die mark in
Middel-Europa. Hy is gevolglik beskikbaar om brûe te bou tussen Suid-Afrika en
Middel-Europa vir uitvoerders en handelaars. Carl is besikbaar om te help met
handels navorsing, die vestiging van nuwe markte, die stigting van plaaslike
maarskappye en die opstel of interpretasie van internasionale handels kontrakte.